Radio Scriptura

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 205:41:28
  • More information

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Gebed: Die Afsluiting

    10/01/2023 Duration: 35min

    Hoe sluit ons die Onse Vader gebed af?   "Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid."   Aan God behoort die koninkryk.   Aan God behoort die krag.   Aan God behoort al die heerlikheid.  Ons bid dit alles van God, omdat Hy as Skepper en Koning, mag oor alles het, en omdat Hy aan ons alle goeie dinge wil en kan gee.  Daarom sal ons Sy heilige naam vir ewig prys, en Hom alle eer gee.  Alle heerlikheid kom Hom toe. 

  • Gebed: Lei ons nie in die versoeking nie

    06/12/2022 Duration: 31min

    Gelowiges is daagliks in 'n geestelike stryd gewikkel teen bose magte in die lug, teen die wêreld en teen die vlees.  Hoe kan ons staande bly?  In die 6de bede, "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose", is eerstens 'n erkenning van wie ons is voor God, en tweedens 'n pleidooi dat ons swak en hulpeloos is sonder die Heilige Gees se krag.   

  • Perspektief: November 2022

    29/11/2022 Duration: 36min

    In Perspektief vandag is drie onderwerpe op die tafel, naamlik:  die onderwysdepartement wil 'n "veilige" ruimte skep vir die LGBTQ+ leerders in publieke skole, diversiteitsopleiding by Hoerskool Vishoek het sterk teenkanting gekry as gevolg van rassisme en godslastering, en buitelandse pastore en predikante gaan nie meer werkspermitte verkry om in Suid-Afrika te werk nie.

  • Gebed: Vergeef ons ons skulde

    15/11/2022 Duration: 33min

    Wat is vergifnis? Hoekom het ons God se vergifnis daagliks nodig? Is christene dan nie reeds vergewe vir hul oortredinge nie?  Sonde kan slegs vergewe word by God as daar boetedoening is, en dit is presies waarom ons volkome vergifnis kan kry deur die kruisdood van Christus.  Ons sonde is vir goed weggeneem.  Christus het die volle prys vir ons sondes betaal met Sy eie lewe, en dus moet ons vanuit daardie genade ook ander, wie teen ons sondig, vergewe. Maar die Skrif leer vir ons die beginsel van daaglikse sondebeleidenis, en dit is 'n pad van heiligmaking. 

  • Perspektief Oktober 2022

    01/11/2022 Duration: 40min

    Die drie sake wat vandag bespreek word, lig die eiewillige godsdiens en die immorele lewenstyl van ons tyd skerp uit.  Dit is Bethel musiekgroep, Zandre Strydom en die christ in me kultus, en die LGBTQ beweging.   Hul slinksheid en boosheid word ontbloot in hul selfverafgoding, asook die verwerping en verdraaiing van die Bybel.  Dit is ernstige klagtes en mense moet bewus wees van die misleidende invloed wat die teologie van hierdie groepe op die samelewing en op ons kinders het om gevolglik die valse godsdiens waarmee hulle ons probeer vang, te verwerp. 

  • Gebed: Gee ons vandag ons daaglikse brood

    25/10/2022 Duration: 31min

    In die vierde bede van die Onse Vader vra ons God om te voorsien in ons daaglikse brood, en erken daarmee dat God die soewereine gewer en die versorger van alles is.  God is immers die enigste bron van alles wat goed is.  Sonder God kan niks lewe nie.  Ons word hierin opgeroep om op Hom te vertrou vir alle gawes, en Hy ag Sy kinders veel belangriker as die res van Sy skepping. Ons is verlos van ons aardse bestaan tot ‘n lewe in afhanklikheid van ons Vader.

  • Luisteraarsvrae: Nagmaal en vroue predikante

    18/10/2022 Duration: 27min

    Scriptura antwoord vandag weer twee baie belangrike luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Is die nagmaal as ‘n gawe wat God vir Sy kerk gegee het, oop vir almal of slegs vir diegene wat in 'n regte verhouding met God staan, om te verseker dat mense dit nie onverantwoordelik misbruik en 'n oordeel oor hulself bring nie? Mag vroue in die amp van voorganger of predikant dien? Hoe moet vroue van ander kerke in daardie amp benader en behandel word? 

  • Gebed: Laat U wil geskied ...

    11/10/2022 Duration: 30min

    In hierdie sewende episode van Scriptura se gebedsreeks word die derde bede van die Onse Vader bespreek.  Wat beteken dit as ons bid “Laat U wil geskied”?  Waar soek ons die wil van God?  Moet ons onsself verloën om God se wil te vind?  Wat is die Bybelse begrip van ons roeping, en die roeping van die kerk binne die koninkryk van God?  Ons is gered om om sout en lig te wees as individue en as die kerk.

  • Perspektief: September 2022

    04/10/2022 Duration: 24min

    Angus Buchan lei gebedsdae op verskillende plekke en duisende mense woon dit by.  Wat is die agtergrond en die motivering daarvan, en wat is die rede vir die byeenkomste?  Wat openbaar hierdie massa saamtrekke van Suid-Afrikaanse christene?  Daar is massa saamtrekke, sogenaamde tekens en wonderwerke wat mense emosioneel opgesweep laat vir ‘n kort rukkie, maar gou weer koud word.  Waar is die werklike bekerlinge en ware dissipelskap?  Gaan die volgelinge van die gebedsbyeenkomste ook nou kerk toe, en word hulle diensbare lidmate van hul plaaslike gemeentes?  Wat is die teologie en godsbeeld wat deur hierdie beweging geleer word, en is dit bybels?

  • Gebed: Tweede bede - Laat U koninkryk kom

    27/09/2022 Duration: 29min

    God is ons groot Koning. Hy regeer soewerein as Koning van alle ewigheid af, en sal tot in ewigheid regeer. Waarom bid ons dan in die tweede bede van die Onse Vader, "Laat U koninkryk kom"? Hoekom het Jesus self gesê: "... die koninkryk van God is binne in julle"? Hy het vanuit die hemelse koninkryk na die aarde gekom tot by ons, sodat die hart van die gelowige kan deel wees van die koninkryk van God tot in die volkomenheid van Sy reik; die ewige koninkryk.

  • Gebed: Laat U naam geheilig word

    20/09/2022 Duration: 35min

    In die eerste bede van die Onse Vader gebed sien ons dat God se naam heel eerste staan, en dus is hierdie gebed ook in lyn met die eerste gebod van die tien gebooie. Wat beteken dit om te bid "Laat U naam geheilig word"? Hoe openbaar God homself aan ons? Waarom moet juis die naam van God geheilig word? Jesus het God verheerlik, en Hy is self deur God verheerlik. Gelowiges ontvang die genade om God drie-enig ook reg te ken en te aanbid.

  • Gebed: Ons Vader wat in die hemel is

    13/09/2022 Duration: 42min

    "Ons Vader" verwys na 'n persoonlike verhouding met God, maar ook na 'n Vader van 'n geloofsfamilie. God is die liefdevolle Vader van Sy geliefde verbondsvolk. Ons Vader God wil vir gelowiges binne Sy verbondgemeenskap sorg en voorsien soos 'n vader aan sy geliefde kinders. As gelowige verbondskinders van God mag ons na Hom uitroep as ons hemelse Vader. In gebed praat Christene dus met die almagtige God, en Hy is in die hemel, omdat Hy 'n hoër krag is. Die christelike geloof is uniek in hierdie sin dat Christene die enigste lewende God aanbid, en ons met 'n lewende verhouding met Hom begenadig en geseën word.

  • Gebed: Inleiding tot die Onse Vader

    06/09/2022 Duration: 26min

    Wie is die god tot wie ons bid? Is ons gebede veronderstel om op ons gevoel te rus, en wat het ons skrifstudie met ons gebede te doen? Gebed kom nie natuurlik vir die mens nie. Daarom is die vraag: hoe lyk die model gebed? Die derde episode van Scriptura se gebedsreeks kyk na die inleiding tot Onse Vader deur middel van die Heidelbergse Kategismus. Jesus het self baie gebid, hoeveel te meer nie ons nie? Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid, en dan antwoord Hy met die Onse Vader gebed in Lukas 11 wat die beste model van gebed is, omdat dit op aanbidding fokus en God korrek aanspreek en op Sy regmatige plek as God plaas. Die Onse Vader som op wat ons moet sê en vra. Ons kry 'n vaste troos dat God sal hoor en verhoor ter wille van Christus.

  • Perspektief: Augustus 2022

    30/08/2022 Duration: 33min

    Scriptura bespreek twee baie ernstige sake van die afgelope tyd op hierdie perspektief episode van Augustus 2022, naamlik Noordwes Universiteit Potschefstroom kampus se geslagsbewustheidsweek en verrigtinge in terme van geslagtelikheid en "diversiteit". En tweedens, die groot pornografie krisis wat Suid-Afrika nou in die gesig staar waarin kinders so jonk soos vyf jaar alreeds vir pornografieverslawing behandeling ontvang. Wat kan ons as ouers doen om ons kinders voor te berei en op te lei om al die aanslae van die satan teen te staan, want "liefde laat nie die leuen toe nie", sê Marnix Boersema.

  • Gebed: Hoe en wat bid ons?

    23/08/2022 Duration: 39min

    Gebed episode 2: Hoe en wat bid ons? God eis gebed van ons, omdat Hy ons die Heilige Gees en alle goeie dinge wil gee. Thomas Watson het gesê: "Prayer, as it comes from the saint, is weak and languid but when the arrow of a saint’s prayer is put into the bow of Christ’s intercession, it pierces the throne of grace."

  • Luisteraarsvraag: Praktiese wenke vir Evangelisasie

    16/08/2022 Duration: 59min

    Vandag se luisteraarsvraag: "Hoe kan jy plaaslik evangelisasie doen? Veral op soek na praktiese hulp en raad vir lidmate en predikante."  Die Scriptura span antwoord die vraag deur twee maniere van evangelisasie te bespreek, naamlik organiese en georganiseerde evangelisasie.

  • Gebed: Waarom bid ons?

    09/08/2022 Duration: 43min

    Waarom bid ons? Wat is die hart van gebed? Is ons afhanklik van gebed tot God? Het ons gebed nodig, en hoekom eis God dit van ons? Antwoord God altyd ons gebede? Waar pas die geloof van gelowiges se gebede tot God in? Hoe vra ons volgens God se wil? Gebruik God gebed as 'n middel in Sy almag? Gebed is 'n opdrag, 'n genademiddel, 'n vertroosting, 'n danksegging en 'n absolute noodsaaklikheid vir die bestaan en oorlewing van die kinders van God. Die wese van gebed is gesprek met ons hemelse Vader. Jesus het self vir Sy dissipels die Onse Vader gebed geleer. Ons gebede moet 'n nederige reaksie wees op wie die Here Jesus werklik is.

  • Ons hoop in Christus: Die Here het medelye met ons

    02/08/2022 Duration: 34min

    Waarin lê ons hoop wanneer ons versoeking, smart en seerkry beleef? Wie op aarde of in die hemel het alle denkbare pyn, vernedering en marteling reeds ervaar? Net ons hoëpriester, Jesus Christus, kan volkome medelye, simpatie en empatie met die pyn van Sy kinders op aarde hê, omdat Hy dit self beleef en verdra het. En meer nog, omdat Hy sonde en dood, sonder om self te sondig, oorwin het aan die kruis. Deur die kruisdood van Christus verkry ons toegang tot die troon van genade.

  • Perspektief: Julie 2022

    25/07/2022 Duration: 47min

    Scriptura bespreek die bekering van oud satanis, Riaan Swiegelaar, voormalige medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika. In 'n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig 'n vreemde jesus en 'n soort "liefde" waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee 'n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen regeer oor alles.

  • Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede

    19/07/2022 Duration: 39min

    Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.

page 6 from 18