Radio Scriptura

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 221:18:20
  • More information

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Geestelike Oorlogvoering

    24/08/2018 Duration: 33min

    Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor. Luister hoe ons oor hierdie tipe vrae en meer gesels.

  • 3Minute1Woord | SKYNHEILIG

    13/08/2018 Duration: 03min

    HYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23   In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat: agter 'n masker lewe dubbel-standaarde handhaaf en liefdeloos en onvolwasse in die geloof is

  • Moet ons vas?

    10/08/2018 Duration: 21min

    Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?

  • 3Minute1Woord | HEERLIKHEID VAN GOD

    31/07/2018 Duration: 03min

    KABHOD| {afr} heerlikheid {eng} glory Soos in o.a. Psalm 104

  • Luisteraarsvrae: rekenskap? letterlik of figuurlik? JHWH en Jehova?

    27/07/2018 Duration: 25min

    Die vrae wat ons op hierdie episode antwoord gaan oor rekenskap en vergifnis, letterlike en figuurlike verklarings & die naam JHWH en Jehova. Stuur gerus jou vrae via ons webblad. Skryf asb. ook 'n resensie en evalueer die podsending op iTunes!

  • Demonologie (met prof. Flip Buys)

    13/07/2018 Duration: 22min

    In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere: Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer? Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”? Hoe hanteer 'n mens gelowig-Bybels 'n manifestasie? Moet ons demone bind en uitdryf? Kan die duiwel ons gedagtes lees?

  • 3Minute1Woord | DAG VAN DIE HERE

    02/07/2018 Duration: 03min

    Die sogenaamde "Dag van die Here" is 'n konsep wat ons in die Ou-Testamentiese profete vind (o.a. Mal. 4:5, Am. 5:18,20, Sef. 1-3). Ons lees ook daarvan in die Nuwe-Testament (o.a. 1 Kor. 5:5, 1 Thess. 5:2, Hand. 2:20).   Kom ons kyk kortliks na die volgende asptekte van hierdie Dag: wat is die dag van die Here? wanneer is die dag van die Here?

  • Mense "rasse"

    29/06/2018 Duration: 38min

    Hoeveel mens-rasse is daar? Tien...honderd...duisende? Of is ons almal een ras? Pieter le Roux van CMI (www.creation.com) verduidelik waar kom al die mense rasse vandaan en hoekom die Here Eva uit Adam se ribbebeen gemaak het.

  • 3Minute1Woord | DIE OORBLYFSEL

    18/06/2018 Duration: 03min

    SHA'AR| {afr} oorblyfsel {eng} remnant Soos in Sefanja 2   iTunes TuneIn Stitcher

  • Genesis: Grondslag van die Evangelie

    15/06/2018 Duration: 53min

    Is die vrae rondom die skepping belangrik? Moet ons nie net "fokus op Jesus" nie? Hierdie episode wys hoe dit noodsaaklik is om Genesis as waar te aanvaar. Die hele Evangelie verkrummel, as ons nie Genesis glo nie!   KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • 3Minute1Woord | WANDEL DEUR DIE GEES

    04/06/2018 Duration: 03min

    STOICHEO| {afr} in pas bly {eng} keep in step  Soos in Galasiërs 5:25 WAT IS DIE WOORD, KONSEP OF VERS WAAROOR JY WONDER? Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • Bybelse Bekering

    01/06/2018 Duration: 19min

    Waar kom bekering nou eintlik vandaan?  Hoe verstaan ek dit en hoe werk dit regtig?  Wat is die kenmerke wat ons daarvan in die skrif vind?  Hoekom is bekering noodsaaklik vir die mens?  Wat doen sonde aan ons, aan God en ons verhouding met God?  Kan ek myself bekeer, en is dit iets wat ek self beheer?  Hoekom is bekering 'n groot genade? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • 3Minute1Woord | BEKERING

    21/05/2018 Duration: 03min

    NAHAM / SHUB / METANOIA | {afr} bekering {eng} repentance Soos in o.a. 2 Korintiërs 7:10 OR WATER WOORD, KONSEP OF VERS WONDER JY?: Webblad:scriptura.co.za E-pos:info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook:@scripturaweb Twitter:@scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • 3Minute1Woord | BEELD VAN GOD

    18/05/2018 Duration: 04min

    TSELEM | {afr} beeld {eng} image Soos in: Genesis 1:27 WAT IS DIE WOORD/KONSEP/VERS WAAROOR JY WONDER?: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com    LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • Deel van die plaaslike kerk (deel 2)

    18/05/2018 Duration: 34min

    Hierdie is die tweede deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die meer praktiese aspekte van die plaaslike kerk, soos: by watter kerk moet ek my aansluit? En as ek dan aangesluit het, wat moet ek daar gaan doen? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • Deel van die plaaslike kerk

    04/05/2018 Duration: 30min

    Hierdie is die eerste deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die grondliggende Skrifgegewens oor wat die Kerk is en wat God oor die Kerk openbaar.  KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Vir 'n forum en bonusmateriaal, sluit aan by die Slack-gemeenskap: https://goo.gl/8xjFpn    LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • 3Minute1Woord | SKEP

    23/04/2018 Duration: 03min

    BARA | {afr} skep {eng} create Soos in: Genesis 1:1 e.v.   WAT IS JOU WOORD/KONSEP/VERS WAAROOR JY WONDER?: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer): https://scripturaforum.slack.com    LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • Hoekom sing ons Psalms?

    20/04/2018 Duration: 35min

    Ons gesels oor die twee aspekte van hierdie vraag:   (1) Hoekom sing Christene in tye van aanbidding? (2) Hoekom juis Psalms sing?    Om die vrae te beantwoord kyk ons na Efesiërs 5:18,19 & Kolossense 3:16, wat Augustinus, Luther & Calvyn oor die Psalms sê en uiteindelik wat die plek van Psalms in ons aanbidding het.   BRONNE WAARUIT AANGEHAAL IS: Prof. VE d'Assonville se: -Die Psalmboek as ons Reformatoriese erfenis & -Die Psalms sing van Christus      KONTAK: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer): https://scripturaforum.slack.com    LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher

  • 7 kenmerke van iemand wat vir die Here lief is

    06/04/2018 Duration: 20min

    Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat vir die Here lief is.   Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van die uitverkorenes te wandel. So 'n persoon vertoon op die ou end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:   1.  Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is en mens geword  het. 2.  Hy hou die Here se wette en het berou en bekering teen sy eie  swakhede 3.  Hy het sy naaste daadwerklik lief 4.  Hy vier die sakrament van die Nagmaal 5.  Hy is ‘n meelewende lidmaat van ‘n plaaslike kerk 6.  Hy het die Waarheid lief 7.  Hy span sy hele wese in om die Here lief te hê   KONTAK: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer): https://scripturaforum.slack.com  LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Wie is my naaste?

    23/03/2018 Duration: 15min

    'n Vraag wat soms te min aandag verdien is: "wie is my naaste nou eintlik?" Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord: (1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig (2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? (3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so. Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek 'n naaste? KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

page 17 from 19